Dag 5 - 5 Januarie 2012
Cairo, Egipte
Cairo, Egipte
Net na ontbyt is Peter oppad om vir James (by die SA Ambasade) te bel toe die selfoon in sy hand lui. Ons is aangenaam verras dat James so gou na ons terug kom en laat weet dat die toestemmingsvorm 'n stempel op het en gereed is om afgehaal te word. Terug by die Ambasade ruil James en Peter nommers uit, ons moet vir sy familie in Zimbabwe gaan kuier wanneer ons daar verby ry.
Met die laaste dokument gereed, gaan ontmoet ons die eerste keer vir Sameh in persoon. Ons geniet 'n warm koppie groentee en maak geselsies en tref 'n paar reelings. Sameh en sy kollegas is baie vriendelik en professioneel.
Jesse, ons betroubare taxi drywer, wag geduldig by die kar, en soos gewoonlik, druk hy sy sigaret en selfoon dood wanneer hy ons sien. Hy moet ons Piramides toe vat!
Giza se piramides is 'n lekker uitstappie. Dit is 'n heerlike koel dag, en die vars lug bo die rookmiswolk van Cairo is baie verfrissend. Ons staan sterk teen die kamele en perde wat 'n fortuin vra vir 'n rit om die piramides.
Uiteindelik by die Piramides
Een van die vele kamele, met sy fraai jassie
'n Verlore boomgeraamte
Ons bewonder die grootheid van die piramides en bespiegel in ongeloof hoe dit aanmekaar gesit is
Mooi uitsig van Cairo
Sonstrale kruip om die randjie van die Piramide
Ek en Bea uiteindelik op die top van die heuwel
Sakara Piramides aan die ander kant van Cairo
Die Piramide lyk soos goud in die sonlig
Ek, Peter en die Sphinx
Na 'n lang dag, ontspan ons op die hotel stoep. Ons wandel daarna tot by 'n klein, afgelee restaurantjie waar nie die kok of eienaar engels verstaan nie. Die tafel langs ons help met die name van die kos en deel happies uit sodat ons kan proe. Dis Urs se beurt om te kies wat ons eet, en hy wys vinger na die kos in die venster wat lekker lyk. Ons eet ons alweer trommeldik, en is baie in ons noppies met ons ontdekking.
Hope Egiptiese kos, en vars slaai (wat ons proe ten spyte van die dokter se advies om niks te eet wat nie gekook, gaargemaak of geskil kan word nie)
Sjoewie, ek love jou piramiede foties. Nou is ons EERS jaloers. Geniet dit sussie. Lovies XXXX
ReplyDelete