Dag 1 - 1 Januarie 2012
Dubai, Vereenigde Arabiese Emirate
Uiteindelik is die wag verby. My tassies is gepak, en ek is gereed vir my lang reis na Egipte. Dit is waar my avontuur begin. Die plan is om van Egipte af te ry tot in Kaapstad. Dit kan enige iets tussen drie en ses maande neem. Ons wil soveel as moontlik van die lande waardeur ons reis sien en ervaar. Ons verwag dat daar struikelblokke oor ons pad sal kom, maar is voorbereid hiervoor, en sien die uitdaging as deel van die avontuur. Ons hou meestal aan die ooste van Afrika (dis die veiligste!). Ons het min of meer 'n roete in gedagte wat waarskynlik aangepas sal word soos ons aangaan.
Ons is 'n spannetjie van vier; ek van Namibie, Peter (my ma se neef) van Suid Afrika (Zimbabwe oorspronklik), en Urs en Beatrice van Switzerland. Urs en Peter het hul 4x4's op skepe gelaai wat by Alexandria hawe en Said hawe in Egipte afsonderlik behoort te arriveer. Ons wag in spanning dat dit betyds hier aankom. Dit behoort teen 4 Januarie in Egipte aan te kom, maar dit is Afrika. Om teleurstelling te vermy, verwag ons die ergste, en glo op die stadium nie voor ons sien nie. Dit neem heelwat tyd om die motors deur doane te kry en papierwerk te verwerk (die burokrasie maak die proses baie moeilik en langdradig), en nodige nommerplate te kry ens.
Ek sluit more aan by die res van die span. Ek vlieg van Windhoek, via Johannesburg, via Dubai na Cairo in Egipte (27 uur later) waar ek dan my medereisigers ontmoet wat so 3 ure later in Cairo land van Switzerland af.
Hier hou ek myself vir 8 ure lank besig op Dubai lughawe. Daar is gelukkig baie winkels. Na 'n ruk kom jy agter die winkeltjies is eintlik almal maar dieselfde, maar ten minste is van die tyd al verby.

No comments:
Post a Comment