Dag 21 – 21 Januarie 2012
Port Said, Egipte
Vanoggend begin ons solank rustig ons goed uitsorteer, sodat wanneer Peter vanmiddag sy bakkie kry (ons bly optimisties), ons dadelik kan pak en ry.
11:00 – Romani (wie vir Sameh werk) is veronderstel om vir Peter te kom haal om na die Suez Port Authority te vat waar hul buite doane moet sit en wag vir die bakkie.
13:00 – Romani daag eindelik op.
14:30 – Peter sms dat dit nog net 5 minute sal wees, ek beter reg staan. Ek spring soos ‘n pyl uit ‘n boog onder my duvet uit waar ek nog le en lees. ‘n Uur en ‘n half se wag by doane is rekordtyd.
15:00 – Peter laat weet dat ek kan rustig raak, dis vyf Egiptiese minute (wat geen nominale waarde toon nie – dit kan enige iets tussen nou en die volgende drie weke wees).
17:00 – Nog geen teken van die bakkie nie.
18:00 – Steeds niks.
19:00 – Reeds donker, kom Peter uiteindelik terug van die hawe af. Die bakkie het hy wel, maar daar is geen teken van sy rybewys, internasionale rybewys, motorregistrasie papiere of motorlisensie nie. Sonder hierdie papiere kan ons net sowel nie die bakkie he nie.
More oggend 10uur moet ons weer by die Suez Port Authority vir Moustafa (nog een van Sameh se agente) wag vir Peter se dokumente.
Die gebou oorkant die Suez Port Authority wat Peter vir ure lank bestudeer terwyl hy wag.
Romani, wie saam met Peter wag. Op sy baadjie se mou staan "I may be slow, but I'm still in front of you".


No comments:
Post a Comment