Saturday, 7 January 2012

Godsdienstige paradox

Dag 6 - 6 Januarie 2012
Alexandria, Egipte


Ons vertrek vanoggend uit Cairo na Alexandria waar ons gaan bly tot Urs se motor uit die kloue van Alexandria doane ontsnap. Die stad wat vir 20 km ver langs die kus strek (en 3 km wyd is) is ietwat meer versorg as Cairo. Die vars seelug verseker ook dat geen rookmis oor die ou geboue hang nie. Die seesig kosmopolitiese geboue is groot en skoon, die afwykende strate daaragter meer vuil en verslons en soortgelyk aan die van Cairo. 




Ons nuwe tuiste is 'n luukse bederf met 'n see uitsig. Ons geniet die gemaklike leefstyl met die wete dat ons binnekort koebaai gaan se vir enige vorm van beskawing.




Die koddige taxi's wat ons vervoer middel gaan wees vir die volgende paar dae


Die hoofpad al langs die see


Die systrate van Alexandria is net so nou en bedrywig soos in Cairo

Ons kom op die mooiste Koptiese kerk af. Die decor is tot die fynste detail beplan.


Die rooi tapyt vanaf die ingang van die Koptiese Kerk


Voor in die kerk

Soos ons wegstap, word 'n trok vol gewapende wagte by die kerk afgelaai. Die Koptiese Christene vier more Kersfees, en met minder as 10% van Egipte se populasie van hierdie geloof, kan betogings moontlik kop uit steek.

Alexandria is ryk aan fasinerende geskiedenis. Die vervalle oorblyfsels van die Romeinse amphiteater is duidelik onder die grondvlak van die res van die stad. Dit gaan my verstand te bowe hoe 'n hele stad ondergrond verwdyn, net om honderde jare later weer opgegrawe te word. 


Die antieke Romeinse Amphiteater

Die Mohamed Aly Opera Huis is net so mooi gebou. Ons hoop om 'n vertoning hier te kom kyk terwyl ons hier bly (verkieslik nie Arabiese musiek nie, hiervan het ons al te veel gehoor)



Alexandria Opera Huis

Ons benodig 'n afwyking van die Egiptiese/Lebanese spyskaart en besluit op die China House restaurant in die Cecil hotel. Oor ons Chinese ete (in Egipte), bespreek ons die ironie van die Christelike Kersfees liedjies wat in die restaurant speel, terwyl die Moslems se oproep op gebede oor die luidsprekers onder in die straat deur die stad weergalm. 


No comments:

Post a Comment