Dag 7 - 7 Januarie 2012
Alexandria, Egipte
Dit is Koptiese Kersfees vandag en daarom ook publieke vakansie dag. Ons gebruik die geleentheid om bietjie te ontspan. Die dag draai lui uit, en dis al namiddag wanneer ons lewe kry. Al is ons te laat vir die museums, is daar vele pragtige geboue wat ons besig hou.
Massiewe mosaiek meesterstukke is 'n algemene sig in Alexandria
Die ou en nuwe hof van Alexandria
Verlate hout bootjies in die hawe
Alexandria se tram is van 1860 af al in werking. Dit is die oudste werkende sisteem in Afrika en een van die oudstes in die wereld. Dit is in 1902 geelektrifiseer. Ons het tot dusver nog nie 'n rit op die tram gevang nie, maar is definitief op ons lysie.
Dit is tyd vir middagtee. Delices maak die mooiste Cappucino's en Patisserie, al vir 90 jaar lank. Die afleweringsbussie voor is te oulik.
Dankie vir al die moeite wat jy doen om ons op hoogte te hou liefie. Die fotos is mooi en dis lekker om jou storietjies te lees. Moenie ophou nie! X
ReplyDelete