Wednesday, 18 January 2012

Welkom in Port Said


Dag 14 – 14 Januarie 2012
Port Said, Egipte

Dis die son se beurt om te skyn. Ontbyt is lieflik langs die palmboom buite ons kamerdeur. Selfgeroerde eier, jogurt en muesli, tee en moer koffie uit blikbekertjies en plastiekbakkies. Die lekkerste ontbyt tot dusver.


Ons lieflike ontbyttafel 

Ons dwaal al die pad Suez kanaal toe, waar ons die bron van die ekstra dosis toeriste, wat ons oppad teekom, vind: Ariana vakansie-skip. By verre die grootste en luukste skip geanker in die kanaal. Ons gaap die pieplein houtbootjie aan wat die grotes deur die kanaal lei. Die publieke veerbote beweeg moeiteloos heen en weer oor die kanaal, tussen Port Said en Port Fouad, om voetgangers en motoriste na hul eindbestemmings te bring.


Ariana boot in die agtergrond 


Pragtige Europeuse geboue, wat al beter dae gesien het, staan al langs die kanaal.


Oorkant die Suez Kanaal is Port Fouad 


Die veerbote wat motoriste en passasiers verniet heen en weer oor die Kanaal vervoer

By Ellarrousa drink ons koffie voor ons terug keer na die hotel toe. Port Said het nie baie toeriste aantreklikhede nie. Die paar wat hier is, kan in 'n dag of twee gesien word. Die wag vir Peter se bakkie mag baie lank raak. Sameh moes vanaand die Peter se paspoort kom haal, maar ons hoor niks van hom nie.

2 comments:

  1. ey Carien... shjoe jou toer lyk soooooo ongelooflik lekker!!!! so lekker om alles te kan lees en "deel" te kan voel daarvan...!! jy moet die droom toer geniet en sal gereeld jou updates kyk... :) xxx

    ReplyDelete
  2. Hey Charne! Bly jy het my blog gekry - het vir Mike gevra om vir jou ook te laat weet. Hoop dit gaan nog goed met jou!xx

    ReplyDelete