Tuesday, 10 January 2012

Bennie Boekwurm

Dag 8 – 8 Januarie 2012.01.08
Alexandria, Egipte

Ons is vroeg op om by Alexandria se Immigrasie kantoor uit te kom om ons visa’s te verleng, net vir ingeval daar ‘n probleem is met die voertuie. Om die laaste straathoek stop ons dood in ons spore. Ons loop amper vas aan die betogers voor Binnelandse Sake. Ons keer ‘n man voor, ook paspoort in die hand, wat verby stap. Hy verduidelik dat daar ontevredenheid is met die vertraagde prosesse hier. Ons maak skoonskip voor ‘n bakleiery uitbreek. Vanmiddag, na ons uitstappie na die Qaitbey Fort en Alexandria Bibliotheca, sal ons weer ondersoek instel.


Die Qaitbey Fort


Uitsig vanuit een van die uitkyk punte



Kanonne en palmbome in die vierkant


'n Voeltjie vlieg voor my kamera in. Uitsig van die stad in die agtergrond.


Die hiper moderne Biblioteek van Alexandria is in 6 jaar gebou, en het in 2002 geopen. Die ontwerp van die gebou is gekies deur 'n kompetisie te hou, 'n argitek van Noorwee het gewen.


Planetarium langs die biblioteek



Die ruim lees area van die biblioteek. Ek sou 'n baie tevrede boekwurm hier kon wees.

Terug by Binnelandse sake is die betogers gelukkig weg. Ongelukkig is die kantoor waar ons moet wees reeds gesluit en moet ons more weer terugkeer. Ons besluit later die middag inelkgeval hierteen toe Sameh bel en laat weet dat hy more oggend eerste ding Urs se paspoort kom haal. Daar is nie nie tyd om dit te hernu nie. Maar as alles verloop soos Sameh voorspel, behoort ons nie die verlengde paspoorte nodig te he nie.

Die weer raak misluk, die wind waai yskoud, en die wolke wil-wil reen. Na nog ‘n lekker koppie koffie by Delice, keer ons terug na die hotel. Teen aandete is die weer so sleg dat ons maar Italiaans by die hotel se restaurant eet.

2 comments:

  1. baie mooi foties sussie. en ek is mal oor daai biblioteek. die plek is HUGE!!!! sterkte daar. hoop julle kry gou julle karre. mis en love you XXXXXXX

    ReplyDelete
  2. Ek luuuuvvvv ook die biblioteek!!! Dis awesome! Ek sou ook 'n tevrede boekwurm wees - laat my dink aan my dae in Duitsland toe ek (in my versoek om die taal te leer ken) elke week in die biblioteek was vir 'n nuwe boek!!!

    liefde
    xxx

    ReplyDelete