Thursday, 16 February 2012

Herenig


Dag 24 – 24 Januarie 2012
Aswan, Egipte

Voor sonop ry ons uit Safaga binneland toe. Waar die pad die Nylrivier ontmoet, ry ons suid tot in Aswan. Die pad langs die rivier is tydsaam, met al die hobbels, onbemande sekuriteitspunte, donkies en inwoners.

Met ‘n diesel tekort, hou ons elke brandstofstasie langs die pad dop. Na ure se ry kry ons een wat nog bietjie diesel het. Ons staan ‘n halfuur en wag, maar is baie verlig dat ons darem ‘n vol tenk kon kry.

By Aswan, sluit ons weer by Urs en Beatrice aan. Ons drink skemerkelkies op ons balkon met ‘n asemrownde uitsig oor Aswan, waar ons eers stories uitruil en opvang.


Uitsig oor Aswan

No comments:

Post a Comment