Dag 55 – 24 Februarie 2012
Lalibela, Ethiopie
Met al die kerke, kloosters en moskees wat ons tot dusver al besoek het, het ek nie gedink nog ‘n kerk sal my veel meer kan beindruk nie. Ek kon nie verder van verkeerd wees nie.
Verbeel ‘n massiewe soliede rots in ‘n berg. Koning Lalibela, in die 12de eeu, het 13 kerke, in vier groepe, uit sulke rotse gekap, met gangetjies en geheime ingange tussenin wat ‘n doolhof kan wees as jy nie ‘n gids het om jou reg te help nie. Die kerke is in perfekte proporsies ontwerp, met slote vir dreinering ook ingereken vir wanneer dit reen. So goed beplan dat dit vandag nog staan sodat ons hierdie meesterstuk kan bewonder. Dit het koning Lalibela en sy helpers 23 jaar geneem om 13 kerke klaar uit te kap.
Hier is die dak van die kerk met simboliese kruis-ontwerp sigbaar.
Die voorkant van die kerk
Gangetjies en bruggies neem jou tussen die kerke.
By hierdie donker gangetjie na ‘n geheime ingang, daag ons gids ons uit om nie flitse te gebruik nie. As jy eers binne is, kan jy nie jou hand voor jou oe sien nie. Met jou regterhand teen die muur en linkerhand bo jou kop, loop jy voel-voel deur tot jy eindelik die lig aan die ander kant sien aankom.
Nog ‘n kerk perfek uit rots gekap.
By die karaktervolle Seven Olives Hotel kuier ons vir oulaas saam met Duko en Itai voor ons paadjies die volgende dag skei.





WOW!!
ReplyDelete