Thursday, 2 August 2012

Water in 'n krater


Dag 77 - 17 Maart 2012
Kembu Camp, naby Nakuru Meer, Kenya

Van Nairobi ry ons na Naivasha meer, en neem ons tyd om al om die meer te ry, en diere te kyk soos hul hul verskynsel maak.


By Crayfish Camp rek ons bene voor ons aanry.


Hordes flaminke om die water van Naivasha meer.


By Crater Lake, bied die wag by die hek aan om ons die toegangsfooi verniet te gee as ons R 150 elk betaal vir die buffet middagete. Ons kry ons eie tafel alleen op die drywende restaurant in die middel van Crater Lake. Reg rondom kan ons kameelperde, apies, bokkies en ‘n seekoei sien. Hier is geen ander toeriste nie, en ons kan die mooi uitsig vir onsself hou.

By Nakuru Nasionale Park is toegang ‘n fortuin, so om hier kamp op te slaan vir die nag is nie ‘n opsie nie. ‘n Ent verder kamp ons by Kembu Camp, ‘n ou melkplaas. Ons het eers gedink ons is op ons eie, totdat ‘n overlanding-trok ons rustigheid bederf. Ons moet eers veg vir die spasie wat ons gedeps het; die voor-op-die-wa leier vra ewe of ons ons voertuie kan skuif sodat hul ons kombuis kan gebruik! Die antwoord was nee, so hul moes maar vrede maak met die kampplek langsaan.

Vroegoggend word ‘n vars liter melk by ons kampplek afgelewer – ‘n lekker bederf nadat ons vir weke lank net poeier melk tot ons beskikking gehad het.

No comments:

Post a Comment